submit urlsubmit rss feedadd directory

article

Die taal Afrikaans is een van die elf amptelike tale van Suid-Afrika en word deur omtrent 6 miljoen persone as 'n eerste taal gebruik. Die taal het grootliks sy wortels in sewentiende-eeuse Nederlands, maar is deur talle ander tale beïnvloed, soos Engels, Maleis, Duits, Portugees, Arabies, Swahili, Xhosa, Zoeloe, Sotho en ander Afrika-tale. 800px-Afrikaansdistrib.gif

Geskiedenis


Tot en met die negentiende eeu het Afrikaans slegs as spreektaal bestaan, en Nederlands het as die formele en geskrewe taal gedien. Op 14 Augustus 1875 is in Paarl die Genootskap van Regte Afrikaanders gestig onder leiding van Ds. S.J. du Toit. Hierdie organisasie het hom van meets aan beywer vir die bevordering van Afrikaans. In ooreenstemming met Wet 8 van 1925, het Afrikaans 'n amptelike taal geword, tesame met Engels. Die eerste volledige vertaling van die Bybel in Afrikaans is voltooi teen 1933. Ná 1948 is die besiging van die taal begin gelykstel aan Afrikanernasionalisme en het dit 'n belangrike rol gespeel in die wit minderheidsregering tydens die apartheidjare. Toe 'n nuwe grondwet in 1996 daargestel is, is Afrikaans behou as een van elf ander amptelike tale.

Spelling


Alhoewel die Arabiese Afrikaans van die Kaapse Moslemgemeenskap en die tipe Afrikaans wat deur die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl bevorder is, reeds gebruik maak van 'n vereenvoudigde en vernieude spelling (vgl. getoelies), hou die Taalkommissies van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap, wat sedert 1914 die enigste gesag in hierdie verband is, die spelling dekades lank ná aan die oorgeërfde Nederlandse model. Intussen word die feit gewaardeer, dat Afrikaans reeds meer as 350 jaar van Nederlands geskei is en oor sy eie fonologie beskik.

Huidige stand van sake


Die mees onlangse sensussyfers toon aan dat 5 811 547 mense Afrikaans as hul eerste taal gebruik in Suid-Afrika. Afrikaans word feitlik deur al die ander etniese groepe in Suid-Afrika gepraat as 'n tweede (of selfs derde) taal en daar is 'n groot stuk werk gedoen om die streeksverskille van dié taal te ontwikkel, iets wat nie veel aandag geniet het in vroeëre jare nie. In Namibië is daar ongeveer 146 000 sprekers. Afrikaans word erken as nasionale taal maar die amptelike taal is Engels.

More on [ Afrikaans (taal) ]


directory of related categories

 

 
directory of related topics

South Africa

 

 

HOMEADVERTISINGABOUT US

articlesartsbusinesscomputersgameshealthhospitalshomekids & teensnewsmobilephysiciansrecreationreferenceregionalscienceshoppingsocietysportsworld


Submit a Site About Become an Editor